Drie dames deel vandag vir die eerste keer van hul spoggerige foto's op die blad. Baie welkom aan Mariaan du Preez van Vereeniging, Antoinette Smit van Meyerton en Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die skittrende foto van 'n Tierboskat by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem. Dit is die eerste foto wat sy op die blad deel.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Mariaan du Preez van Vereeniging het die pragtige foto met haar selfoon op haar kleinhoewe geneem.Die 16-jargie Rachel Aucamp van Vaalpark het die foto onlangs van buite die heinings van die Eco Park in Vaalpark geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige foto van ‘n roos geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografiekluben, het die pragtige landskapfoto geneem.Sonja Naudé van Vanderbijlpark is tans met vakansie in die Weskaap en het die mooi foto by Franskraal met haar selfoon geneem.Polla Jansen van Rensburg (oud-Valie) van Vredenburg het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die sagte natuurfoto geneem.Zinta Barnard (17) van Vanderbijpark het die kunstige monochroom foto van haar sussie Zuleika met haar selfoon geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom natuurfoto geneem. Albertus is een van die meer gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die stad in die aand geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld laat mens skoon bibber van die koue met die foto wat hy gister in Robertson geneem het.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.Danie Nel van Parys het die pragtige foto van ‘n buffel geneem.Edna Cyster van Saldanha het die mooi foto met haar selfoon by Jakobsbaai aan die Weskus geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.Eileen Pretorius van Alberton het die mooi monochroom foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die kunstige straattoneel foto met haar selfoon geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die kunstige foto met haar selfoon geneem.Demi Pretorius van Tulbagh in die Wes-Kaap het die mooi landskapfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Karin Cronjé van Andorra het die mooi monochroom foto met haar selfoon in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die besondere sonsondergang foto met haar selfoon geneem.Elsje Vermeulen, lid van Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die natuurfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za