Local newsNewsNews
80 liter sop, 5 dae ‘n week
VANDERBIJLPARK. – Die Rotariërklub van Vanderbijlpark in samewerking met die Goue Driehoek Sakekamer ontvang elke weeksdag 80 liter sop wat hulle onder behoeftiges uitdeel. Die lekker dik groentesop word deur ArcelorMittal se Thusong Projects gekook.
Van die organisasies wat dan een maal per week of soms een maal elke twee weke sop ontvang, sluit verskeie kinderhuise, plekke van veiligheid, kerke en die houthuisies op die kleinhoewes in. Jackie van Waveren is in beheer van die verspreiding van die sop en sy sê hulle is baie bly hulle kan elke week so baie mense van ‘n ete voorsien. Hulle probeer ook om sover moontlik, brood saam met die sop af te lewer.
“Jy sal nie glo hoeveel mense ‘n mens per dag met 80 liter sop kan kosgee nie. Daar is soveel armoede en honger mense daar buite, maar ons help waar ons kan,” het sy gesê.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
