Die fotograwe deel weer vandag 'n pragtige versameling om die week op 'n hoë (en positiewe) noot af te skop. Die groep verwelkom ook vir Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging, wat vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die skattige foto van 'n worshond geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef.
Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi landskapfoto met haar selfoon in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige silhouette foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van haar kat Karools geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die prag-foto van ‘n Tierboskat by die Rietvlei Natuur Reservaat geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.“Pens en pootjies” – Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van die nuwe baba in die huis geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi lanskapfoto geneem.Yvette Wilde van Vereeniging het die oulike foto van haar Shih Tzu geneem se pootjies geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige foto die afgelope naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto die afgelope naweek tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die oulike foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi sonsondergang foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.Danie Nel van Parys het die pragtige foto geneem.Christell Fouche van Drie Riviere Oos het die mooi lankskapfoto net buite Vereeniging geneem. Dit is die eerse foto Christell op die blad deel.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.Erica Venter van Uniondale het die mooi foto van Bonnyvale se sneeubedekte berge geneem.Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die kunstige natuurfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za