Local newsNewsNewsBreaking News

Spar werknemers beïndruk met #JerusalemaChallenge-video

VEREENIGING. – Mense van regoor die wêreld het oor die afgelope paar maande aan die #JerusalemaChallenge deelgeneem deur videos op sosiale media te deel waarin hulle op die maat van die Jerusalema-liedjie dans.   Nou het Four Way Kwik Spar ook die uitdaging aangepak en beïndruk!   In die video, wat onlangs gedeel is, kan …

VEREENIGING. – Mense van regoor die wêreld het oor die afgelope paar maande aan die #JerusalemaChallenge deelgeneem deur videos op sosiale media te deel waarin hulle op die maat van die Jerusalema-liedjie dans.

 

Nou het Four Way Kwik Spar ook die uitdaging aangepak en beïndruk!

 

In die video, wat onlangs gedeel is, kan mens sien hoe die span van Kwik Spar in hul kenmerkende rooi hempies litte losmaak in die parkeerterrein.

 

Die liedjie is in November verlede jaar deur die Suid-Afrikaanse DJ en musiekvervaardiger Master KG in samewerking met die sanger Nomcebo uitgereik en is besig wêreldwyd ’n opskudding veroorsaak.

 

Die gewilde dans – wat nou al met die 1990’s se Macarena vergelyk word – het in Februarie internasionaal aandag begin trek toe ’n groep van Angola ’n video gemaak het waarin hulle op “Jerusalema” dans.

 

Sedertdien het mens in lande soos Frankryk, Nederland, Swede, Pole en Australië al litte op die maat van hierdie dans losgemaak en is daar al miljoene kere na die oorspronklike liedjie op YouTube gekyk.

 

Sien video hier:

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button