Local newsNewsNewsBreaking News

Inwoners van Redan soek nie vermeende moordenaar in hul buurt nie

VEREENIGING. – Die polisie is Dinsdagaand (1 September) ontbied toe inwoners van Redan glo voor die huis van Daniel Jacobus “Daan” Opperman Lowings, ’n welbekende vullisverwyderaar wat van moord aangekla word, saamgedrom het.   Inwoners dring aan dat Lowings die woonbuurt verlaat na ’n skietvoorval Maandagaand.   Lowings het vanoggend in die Vereeniging-landdroshof verskyn op …

VEREENIGING. – Die polisie is Dinsdagaand (1 September) ontbied toe inwoners van Redan glo voor die huis van Daniel Jacobus “Daan” Opperman Lowings, ’n welbekende vullisverwyderaar wat van moord aangekla word, saamgedrom het.  

Inwoners dring aan dat Lowings die woonbuurt verlaat na ’n skietvoorval Maandagaand.  

Lowings het vanoggend in die Vereeniging-landdroshof verskyn op die moord van die 60-jarige Leon du Toit. Na bewering is hy reeds op borgtog vrygelaat.

Ontstoke inwoners het na sy huis opgeruk om protes aan te teken.

Lowings het glo vir Du Toit Maandagmiddag tydens ’n onderonsie oor tuinstoele in die kop geskiet.

Lede van die gemeenskap drom saam om Daniel Jacobus “Daan” Opperman Lowings se huis in Redan. Foto: Verskaf
Polisie voor die huis van Daniel Jacobus “Daan” Opperman Lowings. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button