Man doodgeskiet tydens rusie in Redan
VEREENIGING. – ‘n 60-Jarige man van Redan is dood nadat hy tydens ‘n rusie met ‘n mede-inwoner in die kop geskiet is. Volgens kapt. Fikile Funda, ’n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging, is die polisie kort voor 17:00 op Maandag 31 Augustus na die toneel ontbied. “Met aankoms op die toneel het beamptes die …
VEREENIGING. – ‘n 60-Jarige man van Redan is dood nadat hy tydens ‘n rusie met ‘n mede-inwoner in die kop geskiet is.
Volgens kapt. Fikile Funda, ’n woordvoerder vir die polisie in Vereeniging, is die polisie kort voor 17:00 op Maandag 31 Augustus na die toneel ontbied. “Met aankoms op die toneel het beamptes die oorledene (die 60-jarige Leon du Toit) voor huis 67 aangetref waar hy op die grond gelê het met ’n skietwond deur die linkerkant van sy kakebeen.”
Die verdagte, Daniel Jacobus “Daan” Opperman Lowings, ’n welbekende vullisverwyderaar in Redan, is in hegtenis geneem en sy vuurwapen is gekonfiskeer. Volgens Funda sal hy eersdaags in die hof verskyn op aanklag van moord.
*Lees ’n meer volledige berig in more se Vaalweekblad.


