Local newsNewsNews

Prag-foto’s om ‘n koue lentedag beter te maak

Dis heerlike lente ... of is dit? Nietemin, hier is nog 'n prag-fotoversameling om lesers vir 'n wyle van die koue te laat vergeet. Gelukkige lentedag!

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” sal in die week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die landskapfoto in Robertson geneem, om ons te wys waar die koue wat ons hier in die Vaal ervaar, vandaan kom.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto van ‘n hiëna die afgelope naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto van die wolke wat koue voorspel geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.
Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige foto van ‘n kalf geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos het die mooi foto van die Vaalrivier geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van die wildebeeste by die Lions & Safari Park geneem.
Danie Nel van Parys het die mooi foto van die Caledon rivier geneem by die Old Mill Drift in die Maluti-berge.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi modelfoto geneem. Dricky is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi landskapfoto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Wat baie nie sou gee om naby aan daardie vuur te sit nie!
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
“Beurtkrag”- Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon geneem. Daar word juis weer beurtkrag voorspel.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.
Sonja Jordan van Daleside het die mooi silhouette foto geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button