Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die kunstige monochroom foto geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in Vandag se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die monochroom foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi natuurfoto met haar selfoon geneem.Johan van der Westhuizen van Vaalpark het die kunsfoto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto van die flaminke by die Marievale Bird Sanctuary geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige monochroom foto uit ‘n lae hoek geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi landskapfoto geneem.Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto van die kaal boomtakke geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi monocrhoom foto tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.Sarina Small van Boltonwold het die mooi foto van ‘n rooi Amarilla geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die kunstige natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die donker monochroom foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die landskapfoto in Robertson geneem.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige straattoneel foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem.Danie Nel van Parys het die mooi foto van ‘n buffel geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos het die mooi foto op ‘n mistige oggend naby Visgacht geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi stillewe foto geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za