Getroue fotograwe sorg vir nog ‘n prag-versameling
Vaalweekblad is trots om nog 'n pragtige foto-versameling danksy die getroue fotograwe te kan deel ... en verwelkom ook vir Chanté Smith van Vereeniging en Ellen Dreyer van Vanderbijlpark wat vandag vir die eerste keer foto's op die blad deel.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Ria Viljoen van Garsfontein het die interessante foto op ‘n uitstappie geneem.Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto van “sy besige bytjie” met sy selfoon geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto van ‘n treinspoor geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto onlangs tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige landskapfoto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van Optel geneem. Hy het Optel 7 jaar gelede onder ‘n lemoenboom opgetel.Carla Pretorius, voormalige joernalis van Vaalweekblad, woon nou in Kanada en het verlede naweek die Lindeman Lake staproete buite Chilliwack aangedurf en die mooi foto met haar selfoon op die roete geneem.JC van der Walt (17) van Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.“Ontbyt in Clarens” – Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Chanté Smith van Vereeniging het die skattige foto van haar vriendin se hondjie, Riley, geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van ‘n bloedrooi poppie geneem.Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jenny Botes van Vanderbijlpark het die interessante foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos in Vereeniging het die foto van die skulpies en bloublasie op Hartenbos-strand geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi landskapfoto met haar selfoon in La Seu d’Urgell in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto van die flaminke by die Marievale Bird Sanctuary geneem.Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die kunstige natuurfoto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za