Meyerton polisievoertuig beskadig in ongeluk in Vereeniging
MEYERTON. – Meyerton polisie se vloot polisievoertuie wat tot die polisie se beskikking is om misdaad te beveg is nou effens kleiner nadat ’n vlootvoertuig Woensdag beskadig is in ’n ongeluk op die hoek van Voortrekkerstraat en Greylaan in Vereeniging se middestad. Dit is tans onbekend presies hoe die ongeluk gebeur het maar twee …
MEYERTON. – Meyerton polisie se vloot polisievoertuie wat tot die polisie se beskikking is om misdaad te beveg is nou effens kleiner nadat ’n vlootvoertuig Woensdag beskadig is in ’n ongeluk op die hoek van Voortrekkerstraat en Greylaan in Vereeniging se middestad.
Dit is tans onbekend presies hoe die ongeluk gebeur het maar twee dinge weet ons: Die verkeersligte op die hoeke van Voortrekkerstraat en Greylaan was ten tye van die ongeluk buite werking en die pad was effens nat weens motreën.
Konst. Tlaleng Moloi het in ’n verklaring wat Donderdag namens die Sedibeng-distrikskommissaris, maj. Genl. Zodwa Ettie Molefe uitgereik is, bevestig dat die ongeluk wel plaasgevind het end at een polisievoertuig in die ongeluk betrokke was.
“Geen beserings is opgedoen nie en die Vereeniging polisie ondersoek ’n saak van roekelose en nalatig bestuur,” sê Moloi.


