Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto verlede naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Elsje Vermeulen
Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem. Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.
As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 14de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” het in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad (2 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto ‘n “snipe” by die Marievale Bird Sanctuary geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto onlangs tydens ‘n uitstappie na die Tanjung Piai Nasionale Park geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige natuurfoto geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die mooi lanskapfoto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige foto op 3 September by die Rietvlei Natuurreservaat geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Bennie Henning van Germiston het die sonsondergang foto van die ou Samancor-werke in Meyerton geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die foto van ‘n aarbei geneem.Danie Nel van Parys het die mooi natuurfoto in sy tuin geneem.Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die mooi foto met sy selfoon geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi kinderportret geneem. Dricky is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi sonsondergang foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto met haar selfoon geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met haar selfoon by die Ecopark in Vaalpark geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.“Dis Lente”- Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Amateur Fotografieklub, het die natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto verlede naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za