Local newsNewsNewsBreaking News

Verwaarloosde Vredesmonument verfraai

VEREENIGING. – Verskeie organisasies het Saterdagoggend 5 September moue opgerol en gehelp om die Vredesmonument in Vereeniging se middestad te verfraai.   Die monument waarop die woorde “Gewond maar onoorwonne” verskyn staan voor die Burgesentrum in Vereeniging en  herinner aan die Vredesverdrag wat op 31 Mei 1902 tussen boer en Brit onderteken is.   Die …

VEREENIGING. – Verskeie organisasies het Saterdagoggend 5 September moue opgerol en gehelp om die Vredesmonument in Vereeniging se middestad te verfraai.   Die monument waarop die woorde “Gewond maar onoorwonne” verskyn staan voor die Burgesentrum in Vereeniging en  herinner aan die Vredesverdrag wat op 31 Mei 1902 tussen boer en Brit onderteken is.   Die palisadeheining rondom die monument is geverf, bome is gesnoei, onkruid is uitgetrek, gras is gesny en rommel is opgetel.   Lede van verskeie organisasies, insluitend die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Vryheidsfront Plus, Die Voortrekkers, die Genealogiese Genootskap van SA (Vaal) en die Vaaldriehoek se weermagveterane het aan die aksie deelgeneem.   Die bekende politikus en voormalige Vryheidsfront Plus-leier, dr. Pieter Mulder, het die geleentheid bygewoon en almal teenwoordig ingelig oor die geskiedenis van die monument en die simboliek daaragter.

Die Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK), Vryheidsfront Plus, Voortrekkers, die Genealogiese Genootskap van SA (Vaal) en die Vaaldriehoek se weermagveterane het Saterdag 5 Augustus gehelp om die Vredesmonument in Vereeniging se middestad te verfraai. Foto: Christiaan Cloete
Willie van der Merwe help om die palisadeheining om die Vredesmonument te verf. Foto: Christiaan Cloete
Waldo Cilliers, Christiaan Keyser, Eduard Cilliers en Annelize Bruwer van Die Voortrekkers help om onkruid uit te trek by die Vredesmonument. Foto: Christiaan Cloete
Marianda Schlebusch van die FAK help om rommel by die Vredesmonument op te tel. Foto: Christiaan Cloete
Die bekende politikus en voormalige Vryheidsfront Plus-leier, dr. Pieter Mulder, het die geleentheid bygewoon en almal teenwoordig ingelig oor die geskiedenis van die monument en die simboliek daaragter.
Weermagveterane het gehelp om gras te sny by die Vredesmonument. Foto: Christiaan Cloete

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button