Local newsNewsNews

Vier nuwe fotograwe deel foto’s

Vier nuwe fotograwe deel vandag vir die eerste keer foto's op die blad: Renette Varkevisser, Daan Brummer, Johan Smit en Charles van der Westhuizen. Baie welkom op die blad!

Elsje Vermeulen

Van Vaalweekblad se lesers en volgers het aan die begin van die nasionale inperking besluit om die beste van die saak te maak en hulself  besig te hou deur mooi foto’s in en om die huis te neem.  Sake het intussen baie verander en die fotograwe kan weer amper soos voorheen normaalweg hul passie vir fotografie uitleef. Van die fotograwe het sommer hul selfone vir die taak ingespan.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 15de fotoblad van die “lockdown-fotograwe” verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (9 September). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

“Lente” – Danie Mohr van Henley on Klip het die pragtige natuurfoto geneem.
Daan Brummer het die mooi foto van ‘n Slanghalsvoël net voor sonopkoms oor die Vaaldam geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem toe die son wegsak.
Johan Smit van Delmas het die mooi foto van ‘n leeuwyfie met sy selfoon geneem.
Charles van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem oppad Maluti-berge toe – en kyk wie gaan saam!
Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto van die kaal bome geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die pragtige modelfoto geneem. Hennie is een van die gevorderde fotograwe wat professioneel foto’s neem. Belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto met sy selfoon geneem oppad na die Kalahari.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto verlede naweek by Umkumbe Safari Lodge geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n besoek aan Masjid Kota Iskandar geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto van ‘n springkaan geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos in Vereeniging het die mooi foto van die leeus by Mabilingwe geneem.
Dave Henderson (oud-Valie) van die plaas Deelfontein in die Vrystaat het die pragtige foto met sy selfoon geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto van ‘n korhaan in vlug geneem.
Ellen Dreyer van Vanderbijlpark het die mooi foto van die wolke geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto van die lentebloeisels geneem.
Huibrecht Henning van Henley on Klip het die mooi foto van die lamkrale vir die boerbokke op hul plaas geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto met haar selfoon geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van Keimoes se wingerde vanaf Tierberg geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi natuurfoto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto met haar selfoon geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button