Local newsNewsNews

Sakeman, fietsryers maak hul harte oop

VANDERBIJLPARK. - Kersfees het vanjaar vroeg gekom vir kinders van die Eagle Wings skuiling in Riversdal toe ’n plaaslike sakeman ’n besending fietse aan kinders van die skuiling geskenk het.

Ian van Ravesteyn, ’n mede-eienaar van die URcycling fietswinkel in Vanderbijlpark wat Woensdag, 26 Augustus die besending fietse by die skuiling afgelaai het, vertel: “Ek oefen gereeld oor naweke in die omgewing en het een oggend tydens die landwye staat van inperking met my fiets verby die Eagle Wings skuiling gery “Naby die sentrum (in Philip Furstenburgstraat) het ek ’n meisie op ’n fiets sien ry met sewe tot agt kinders wat
agter die fiets aangehardloop het.

Jackie Brits, direkteur van die Eagle Wings skuiling vir  awelose mense in Riversdal, by Johan Matthee op een van die nuwe fietse wat geskenk is.

“Dit was verskriklik om te sien dat daar net een fiets vir al daardie kinders was. Die toneel het in my kop vasgesteek en ’n paar dae later is ek terug na die plek om meer oor die sentrum uit te vind. Ek het toe gesien dat daar ’n geleentheid is om te help,” vertel Ian.
Ian het toe vir die lede van die ArcelorMittal-fietsryklub gevra of hulle ou fietse het wat as ’n skenking aan die skuiling gegee kan word.

Ian van Ravesteyn, plaaslike fietsryer, sakeman en mede-eienaar van URcycling in Vanderbijlpark, stel Caitlin Randall aan die vreugde van fietsry bekend.

“Ek het gevra dat as hulle ou fietse in hul motorhuis het, hulle dit vir my moet bring sodat ek dit kan regmaak. Baie mense het fietse wat hulle nooit eers gebruik nie,” sê hy.
Hoewel daar nie ‘n fiets vir elke kind is nie, kon Ian heelwat fietse aan die skuiling se kinders skenk.

Nickala du Preez van Eagle Wings glimlag breed op een van die nuwe fietse wat die skuiling ontvang het.

Die kinders se gesiggies het opgehelder toe hulle Woensdag vir die eerste keer op die fietse geklim en gery het. Ian het selfs aangebied om instandhou-dingswerk op die skuiling se fietse te doen sodat dit in ’n goeie toestand kan bly. Jackie Brits, direkteur van Eagle Wings, sê kinders van die skuiling geniet hul gate uit en is dankbaar vir die skenking.
Eagle Wings is ’n plek in Riversdal vir hawelose kinders, volwassenes en bejaardes wat geen ander heenkome het nie. Volgens Jackie is daar sowat 50 mense wat by die skuiling geakkommodeer word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button