Local newsNewsNewsBreaking News

Inwoner se vrou en seun in Drie Riviere gekaap

VEREENIGING. – Nico van Wyk, ‘n werknemer van Lion’s Creek Wedding Venue in Meyerton, sê hy is dankbaar dat sy vrou en seun nog leef nadat hulle vroeër vanmiddag in Drie Riviere gekaap is. Volgens Nico het die voorval naby National Kafee (tussen Rosestraat en Myrtlestraat) gebeur.  Hy was te getraumatiseer om met Vaalweekblad te …

VEREENIGING. – Nico van Wyk, ‘n werknemer van Lion’s Creek Wedding Venue in Meyerton, sê hy is dankbaar dat sy vrou en seun nog leef nadat hulle vroeër vanmiddag in Drie Riviere gekaap is. Volgens Nico het die voorval naby National Kafee (tussen Rosestraat en Myrtlestraat) gebeur.  Hy was te getraumatiseer om met Vaalweekblad te praat en het gevra dat ons more terugskakel. “Nou is nie ’n goeie tyd nie,” het hy gesê. Op Facebook het Nico geskryf: “Ek dank die Here vandag dat my vrou en seun nog leef na hul gehijack is in 3 riviere, en dan wil ek ook dankie se aan rikus van vr security vir hul puik diens, saam met die anti hijack unit om die skelms vas te trek, lewe is te kort, ons dien n wonderlike God,” Rikus Potgieter, VR Security se bestuurder in die Vaaldriehoek het die voorval bevestig. “Die dame is by die kafee gekaap. My kliënt het ons gekontak en ons is na die toneel. Inligting is vinnig deurgegee en die polisie se anti-kapingseenheid het die voertuig in Sebokeng opgemerk en altwee verdagtes in hegtenis geneem. “Die voertuig is naby die grens van Sebokeng en Evaton gevind,” vertel hy.

Nico van Wyk, , eienaar van die Lion’s Creek Wedding Venue in Meyerton, se vrou en seun is in Drie Riviere gekaap. Foto: Facebook

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button