Local newsNewsNews

Natuurprag gaan nie ongesiens verby nie

Jacqeline Els van Meyerton is die nuutste lid wat 'n foto op die blad deel. Sy en heelwat van die fotograwe het op die prag van die natuur in vandag se versameling gefokus.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie.

As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 18de fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (30 September) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Mattithyah van der Merwe het die pragtige foto uit Kaapstad met ons gedeel.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi natuurfoto onlangs in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi sonsondergang foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtige portretfoto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad wat sy kamera inspan vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Frikkie Stroh, bekende professionele fotograaf van Vereeniging, het die pragtige landskapfoto by Sheffield aan die KZN Noordkus geneem. Besoek gerus sy Facebookblad StrohPhotography.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die kunstige portreffoto van sy vriend Harry le Roux geneem.
Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai, een van die jongste lede wat gereeld foto’s op die blad deel, het die mooi foto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die oulike foto van haar geliefde Tiekie geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto by Irene Farm geneem.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Albertus Kriel van Vereeniging het die pragtite foto geneem.
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button