Local newsNewsNewsBreaking News
Sedibeng munisipale bestuurder in parkeerterrein doodgeskiet
ALBERTON. – Die munisipale bestuurder van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, Stanley Khanyile, is glo vroeër vanmiddag in die parkeerterrein van die Meyersdal Square-inkopiesentrum in Alberton doodgeskiet. Volgens bronne het Khanyile in sy luukse Duitse sedan gesit en wag toe hy verskeie kere geskiet is. Die verdagtes het in ’n motorvoertuig in die rigting van die R59 …
ALBERTON. – Die munisipale bestuurder van die Sedibeng-distriksmunisipaliteit, Stanley Khanyile, is glo vroeër vanmiddag in die parkeerterrein van die Meyersdal Square-inkopiesentrum in Alberton doodgeskiet.
Volgens bronne het Khanyile in sy luukse Duitse sedan gesit en wag toe hy verskeie kere geskiet is.
Die verdagtes het in ’n motorvoertuig in die rigting van die R59 gevlug.
Niemand is nog in verband met die voorval in hegtenis geneem nie.
*Hierdie is ‘n ontwikkelende storie.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
