Pa en seun deel liefde vir fotografie
Vandag leer ons vir Nico Potgieter en sy 15-jarige seun, Adriaan, van beter ken. Die twee deel 'n voorliefde vir fotografie. Adriaan fokus meer op die natuur, terwyl pa 'n passie het vir monochroom foto's. Behalwe vir fotografie, speel hulle graag skaak en deel ook 'n liefde vir musiek (Adriaan leer tans kitaar speel en Nico speel klavier). "Daar is niks so lekker vir ons as om buite in die natuur te wees nie, selfs net om te gaan stap en vars lug in te asem," sluit Nico af.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 19de fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (7 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.






















