Adriaan Dewaal (15) van Belfast het die mooi monochroom foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, stuur dit gerus na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 19de fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (7 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi landskapfoto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad.“Skycab” – Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto onlangs tydens ‘n vakansie by die Langkawi Eiland geneem.“Rand Model Aeronautic Club” – Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die skilderagtige foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die interessante foto geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi silhouette foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jo-lene Booyens van Meyerton het die besondere foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).June Bartlett van George spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Lindie Janse van Rensburg van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto van die Oranjerivier geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto met ryk kleure geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.Jacqeline Els van Meyerton het die mooi monochroom foto geneem.Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark kuier tans in Sedgefield (Kaap) en het die mooi foto daar geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto onlangs by Irene Farm geneem.Sarie Liebenberg van Vaalpark het die oulike foto geneem.Shane Pretorius van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging, het die foto van die mooi olifant geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za