Local newsNewsNews

Plaaslike dansers sit beste voetjies voor by Talent Africa

SASOLBURG. - Leerlinge van Leona’s Dance Studio in Sasolburg het vanjaar aan die Talent Africa Nationals deelgeneem waar hulle uitsonderlike prestasies in verskeie dansstyle behaal het.

Al was daar ‘n nasionale inperking, was daar steeds landwye deelname aan die Talent Africa Nationals, sê hul dansafrigter, Leona Fourie.
“Ek is baie trots op my leerlinge en baie beïndruk met hul deursettingsvermoë tydens die inperking,” sê sy. Die studio se deelnemers het almal Federation Provincial Colours in Performing Arts (FPASA) en volle erekleure in dans ontvang. Hulle het die Vrystaat verteenwoordig, behalwe
Biance Herbst, wat Gauteng verteenwoordig het. Leona’s Dance Studio se dansers het in totaal twee bronsmedaljes, 22 silwer- en 13 gouemedaljes by die nasionale geleentheid verwerf. Die volgende leerlinge het gekwalifiseer om Suid-Afrika in 2021 by die Talent America-kompetisie te verteenwoordig: Marli Beckmann, Milandri Fourie, Chaney Madeleyn, Ireze Fourie, Suné du Rand, Sané Smit en Mardeli Kriel. Leerlinge wat gekwalifiseer het om Suid-Afrika in 2021 te verteenwoordig by die Mediterranean Legends International Art Festival in
Spanje en ook vir die Euro-dansspan by die Euro Dance Fest in Kroasië, is: Marli Beckmann, Milandri Fourie, Chaney Madeleyn, Michelle van Niekerk, Ireze Fourie, Suné du Rand, Sané Smit, Lianke Deas, Danica Pottas, Lene de Waal, Biance Herbst, Caro van Schalkwyk, Chantane Deas, Carli Classen en Mardeli Kriel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button