Local newsNewsNews

Senekal-protes: ‘Plaasmoorde IS ‘n prioriteit’

Gister se dramatiese gebeure in Senekal is 'n duidelike teken dat landsburgers, in besonder die Afrikaner-boeregemeenskap gatvol is vir sinnelose plaasmoorde is en 'n keerpunt bereik het.

As daar blaam uitgedeel moet word vir al die gebeure en ongelukkigheid kan die vinger na diegene gewys word wat die kwessie verontagsaam deur te sê dat plaasmoorde en aanvalle nie ‘n prioriteit is nie. Die vinger kan ook na die SAPD gewys word wat week in en week uit oor bykans twee dekades nie daarin kon slaag om landsburgers veilig te laat voel nie.

Danksy gister se gebeure sal dinge moontlik nou in ‘n ernstiger lig beskou word. Daar was geweldige steun vir Brendin Horner se familie by die landdroshof in Senekal. Daar was meer as 2 500 mense! Tog wil dit voorkom of die polisie nie so ‘n groot reaksie verwag het nie. Hulle het ook nie verwag dat die skare tot askie sou oorgaan nie. Die gebeure buite die hof is egter ‘n duidelike teken dat mense nie meer bereid is om plaasmoorde te duld nie. Betogers het aan ‘n Nyala gepantserde voertuig gestoot en ‘n polisievangwa is omgekeer. Hierdie gebeure is waarskynlik net die begin van vele meer as plaasmoorde nie aangespreek word nie.

Die twee mans wat Saterdag vir Brendin (‘n jong plaasbestuurder) se moord in hegtenis geneem is, Sekwetje Isaiah Mahlamba (32) en Sekola Piet Matlaletsa (44), het gisteroggend in die Senekal-landdroshof verskyn. Die twee word daarvan aangekla dat hulle Brendin vermoor en sy liggaam daarna aan ‘n paal op ‘n plaas in Paul Roux vasgemaak het.

Gister se gebeure moet ‘n duidelike boodskap aan die owerhede stuur – Genoeg!

Die groot skare, jonk en oud, gister buite die hof.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button