Local newsNewsNews

Alles uit VF Plus-raadslid se ELM kantoor weggedra

VANDERBIJLPARK. - Dreigemente en intimidasie kon Gerda Senekal (VF Plus-raadslid: Emfuleni-plaaslike munisipaliteit) nog nooit stuit om teen korrupsie te veg nie. Maar selfs sy was stomgeslaan (en toe woedend) toe sy Maandag by haar munisipale kantoor in die Local Economic Development-gebou (ou Trustbank) opdaag net om te vind dat alles weggedra is.

“Wat die ergste is, is dat van my belangrike dokumente en bewyse oor korrupsie ook gesteel is,” sê Gerda. Sy en haar sekretaresse is reeds die afgelope vier jaar (sedert 2017) werksaam vanuit dié munisipale kantoor. Behalwe vir haar sekretaresse se lessenaar, stoel, rekenaar, boekrak en ‘n liaseerkabinet wat aan ELM behoort het, was daar ook baie privaat eiendom ter waarde van sowat R20 000.

Intussen is daar sommer ander meubels in die kantoor ingedra asof die kantoor eenvoudig nooit eens Senekal sin was nie. Sy het reeds Maandag ‘n saak van diefstal by die Vanderbijlpark Polisiestasie oopgemaak.

MPL A de Lange (hoofsweep van die VF Plus: Gauteng) het intussen ook ‘n brief oor sy misnoë oor die saak aan ELM gestuur. 

Raadslid Senekal en haar sekretaresse is reeds die afgelope vier jaar (sedert 2017) werksaam vanuit dié munisipale kantoor.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button