Local newsNewsNews

Drie nuwe dames deel foto’s

Drie nuwe fotograwe, toevallig al drie dames, deel vandag vir die eerste keer van hul foto's op die blad. Diane Coetsee is van Vereeniging, Bonita Read is van Johannesburg en Christine Wentzel is van Sasolburg.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 20ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Diane Coetsee van Arconpark, Vereeniging het die pragtige foto van die Vaalrivier met sonsondergang geneem. Dit is die eerste foto wat Diane op die blad deel.
Bonita Read van Johannesburg het die mooi monochroom foto geneem. Bonita neem professioneel foto’s, besoek gerus haar Facebookblad. Dit is die eerste foto wat Bonita op die groep deel.
“Deur die blare” – Christine Wentzel van Sasolburg het die mooi foto in Vaalpark by die Ecopark geneem. Dit is die eerste foto wat Christine op die blad deel.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto vroegoggend op die strand geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
“Jakarandatyd”- Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi natuurfoto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto op pad terug van vakansie geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto in Margate geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto van ‘n voëltjie in vlug geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto op ‘n plaas naby Beaufort Wes geneem. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
“Mushroom hunting in the woods” – Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Rain” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi silhouette foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button