Vandag se foto-versameling is 'n duidelike bewys dat die fotograwe ingestel is op alles rondom hulle. In kort: as dit mooi is, gaan dit afgeneem word! Die groep verwelkom ook vir Hendrik Grobbelaar van Pretoria en Tanya van Vollenstee van Alberton wat vandag vir die eerste keer foto's op die blad deel.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 20ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria het die pragtige foto van ‘n Swartborsslangarend in die Rietvlei Natuurreservaat geneem. Dit is die eerste foto wat Hendrik op die blad deel.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige modelfoto by die Botha Wil Stalle in Pretoria geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die skilderagtige foto op die strand geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi in Clarens geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die mooi foto by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die mooi monochroom foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi natuurfoto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi motorsport foto geneem. Albertus is een van die gevorderde fotograwe op die blad.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi silhouette foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige foto tydens ‘n vakansie aan die Weskus geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs tydens vakansie geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die oulike “onsie” van hom en Kerry in Ballito geneem.“4×4 plesier” – Diane Coetsee van Arconpark, Vereeniging het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi stillewe foto geneem.Jacqeline Els van Meyerton (MD Memories) het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Jo-lene Booyens van Meyerton het die mooi monochroom foto geneem.June Bartlett van George het die mooi foto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto onlangs tydens ‘n besoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za