Local newsNewsNews

Loer gerus na dié puik foto-versameling

Danksy die knap fotograwe kan Vaalweekblad daagliks ons lesers met pragtige foto's bederf ... om net vir 'n wyle van die daaglikse gejaag weg te breek. Die groep verwelkom ook vir Jan Putter van Sasolburg wat vandag sy eerste foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 20ste fotoblad verskyn in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto van die 11 maande oue Mika geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs tydens vakansie geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi aksie foto geneem.
Diane Coetsee van Arconpark, Vereeniging het die pragtige sonsondergang foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria,een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi natuurfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Huibrecht Henning van Henley-on-Klip het die mooi foto op Moolmanshoek in die Vrystaat geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Jan Putter van Sasolburg het die mooi foto van ‘n Bloekomboom op ‘n plaas naby Heilbron met sy selfoon geneem. Dit is die eerste foto wat Jan op die blad deel.
June Bartlett van George spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“The long and short of it”- Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die rustigheid in Clarens vasgevang.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button