June Bartlett van George het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 20ste fotoblad verskyn in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto tydens ‘n dagbesoek aan Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige sonsondergang foto geneem.“Jakaranda” – Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto in hul woonbuurt geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs tydens vakansie geneem.Elsje Vermeulen het die foto van die lemur wat lui-lekker onder die boom ontspan geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, hou daarvan om kreatiewe foto’s te neem en het die oulike foto die lig laat sien.Hendrik Grobbelaar van Pretoria,een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi natuurfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jacques de Lange van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za