Local newsNewsNews

Alle oë vandag op Senekal gerig

Alle oë is vandag op Senekal gerig. Hoewel daar glo streng maatreëls ingestel is, hoop en bid mens dat alles vandag vreedsaam sal verloop wanneer drie groepe vandag daar 'n standpunt gaan probeer maak. Die Boere, AfriForum en die EFF sal daar wees. Die Boere en ondersteuners beplan glo ‘n vreedsame, massa samekoms om op te staan teen ‘n regering wat nie die gevaar van boere as 'n prioriteit hanteer nie. Daar is egter kommer en onsekerheid oor wat die EFF se optrede sal wees.

Groepe wat reeds oppad was na Senekal vir die tweede hofverskyning van die twee mans wat aangekla is vir die moord op Brendin Horner, het op sosiale media gesê dat daar ‘n duidelike teenwoordigheid van verkeersbeamptes op die paaie is. Dit wil voorkom of geen weermaglede vandag daar sal wees nie, net die SAPD.

Daar gaan gepoog word om die drie groepe van mekaar te skei. Verskeie paaie in die dorp is afgesper, asook rondom die Landdroskantoor – niemand sal daar toegelaat word nie. Die EFF-ondersteuners wat in busse aangery gaan word gaan glo langs die kerk bymekaar kom.

Die Boere gaan glo in die parkering by die veld langs die kommando kantore en die leë stukkie veld langs die ouetehuis hul plekke inneem.

Die AfriForum-groep gaan glo op die oop terrein aan die oorkant van die ou kommando-kantore wees. Alle fasiliteite daar word deur AfriForum self verskaf . Sprekers van AfriForum en Solidariteit gaan optree. Die verrigtinge begin om 10:00.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button