Local newsNewsNews

Nog ‘n prag-versameling deur fotograwe

Vaalweekblad deel met trots nog 'n pragtige foto-versameling danksy die kranige fotograwe.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 20ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (14 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Monica Warren van Richardsbaai wys hoe groot is die blom in werklikheid.
Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.
Bennie Henning van Germiston het die mooi silhouette foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs tydens vakansie geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto van die sonstrale wat deur die wolke breek geneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto van die waterval in Hogsback geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
June Bartlett van George het die mooi foto by die 1820 Settelaars Museum geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Bee Butt” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die oulike foto geneem.
Louis Mac Pherson van Vanderbijlpark het die mooi foto by die Gomez Equestrian Centre geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
“Cold Whispers” – Michelle Hart van Sasolburg het die mooi landskapfoto geneem.
“Vaalrivier” – Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button