Die bekwame fototograwe bied vandag weer 'n besonder kunstige en kreatiewe foto-versameling aan. Die blad spog ook met twee nuwe lede: Stephanie Lowson (oud-Valie) wat nou in Durban woon en Pieter Moolman van Naboomspruit.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 21ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi monochroom foto van ‘n Kokerboom geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi fotoversameling geneem.Stephanie Lowson (oud-Valie) wat nou in Durban woon het die pragtige foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die kunstige landskapfoto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die makro foto van ‘n vlieg deur ‘n venster geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto in hul tuin geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die kunstige monochroom foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die kunstige monochroom foto geneem.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige landskapfoto in Hogsback geneem.Jan Putter van Vaalpark het die pragtige foto van ‘n bloedrooi roos geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die mooi foto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto op ‘n staproete in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto met kunstige vorms en lyne geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za