Local newsNewsNews

Polisieduikers se soektog na vier duur voort

VEREENIGING. – 'n Tragedie het gistermiddag op die Vaalrivier afgespeel toe vyf van die sewe mense wat op hul boot gekuier het, verdrink het toe die boot begin water kry en omgekantel het. Een van die vyf oorledenes se lyk is gister gekry, maar duikers is tans besig om na die ander vier se lyke te soek. Volgens die polisieduikers neem dit somtyds tot drie dae voordat lyke in die Vaalrivier gevind word.

Die tragedie het gistermiddag naby Spider Valley gebeur. ER24 se nooddienste, asook die polisie het gister net voor 18:00 by die toneel opgedaag. Dit wil voorkom of die mense op die boot na een kant van die boot beweeg het toe die boot begin water kry het, wat uiteindelik daartoe gelei het dat die boot omgekantel het. Die oorledenes se identiteite is nog nie bekend gemaak nie, maar volgens gerugte is een van die oorledenes ‘n dokter van Emfuleni Privaat Hospitaal.

* Behalwe vir dié tragedie het paramedici gister enkele ure tevore ‘n man en ‘n vrou in hul veertigs behandel na ‘n snelboot en ‘n waterponie naby Vaal Marina gebots het. Die man en vrou is per helikopter hospitaal toe geneem. Na wat verneem word het nog twee insittendes ligte beserings opgedoen. Die bestuurder van die waterponie het glo ongedeerd daarvan afgekom. Hy het glo beheer oor sy waterponie verloor en teen die boot gebots.

Volgens polisieduikers neem dit soms tot drie dae om lyke in die Vaalrivier op te spoor. Foto: Ettienne van Rensburg
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button