Raadslid se eiendom en kantoor sal terug gegee word
VANDERBIJLPARK. - Bekende en gewilde VF Plus-raadslid Gerda Senekal, wat verlede Maandag by haar munisipale kantoor in die Local Economic Development-gebou (ou Trustbank) opdaag net om te vind dat alles weggedra is, is in kennis gestel dat haar kantoor en alles wat geneem is weer teen Maandag aan haar terug besorg sal word.
Sy het die volgende boodskap ontvang: “Good morning Cllr Senekal, I have instructed my officials to give you the office back and return everything that was in it as is. They will move your stuff back over the weekend and by Monday your office will be ready. I will still look at the reasons why they did this and decide on action to take against responsible people”. – Thabo Ndlovo.
Gerda en haar sekretaresse is reeds sedert 2017 werksaam vanuit die kantoor wat leeg gedra is. Die skade indien sy nie haar eiedom sou terugkry nie, beloop sowat R20 000 en sluit ook belangrike dokumentasie in.
Senekal het kort na die voorval ‘n saak van diefstal by die Vanderbijlpark Polisiestasie oopgemaak. MPL A de Lange (hoofsweep van die VF Plus: Gauteng) het ook verlede week ‘n brief oor sy misnoë oor die saak aan ELM gestuur.


