Die fotograwe skop die week op 'n hoë noot af met 'n foto-versameling uit die boonste rakke. Knap gedaan, Vaalweekblad is trots om julle mooi foto's te kan publiseer.
Nico Potgieter van Vanderbijpark het die mooi foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 21ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.Louis Mac Pherson van Vanderbijlpark het die pragtige foto van die sonsondergang oor die Vaalrivier geneem.Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het hierdie skilderagtige foto geneem.“Men at work” – Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi natuurfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs met vakansie geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi foto die naweek by die Phakisa Raceway geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto geneem.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi natuurfoto geneem.Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die mooi foto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto van ‘n yellow-billed kite geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige landskapfoto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die interessante foto van die weerkaatsing in die plas water geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za