Local newsNewsNews

Geen keer aan fotografie talent nie

Daar is net geen keer aan die ywerige fotograwe se talent nie. Vaalweekblad deel met trots nog 'n pragtige versameling. Die groep verwelkom ook Shane Jugmohan van Port Shepstone en Brenda Erwee van Henley on Klip wat vir die eerste keer foto's op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 21ste fotoblad  verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Tanya van Vollenstee van Alberton het die pragtige makrofoto geneem.
Shane Jugmohan (Ultimate Designing Photography) van Port Shepstone het die oulike foto geneem.
Brenda Erwee van Henley on Klip het die mooi natuurfoto geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto in hul woonbuurt geneem.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het treffende foto geneem.
Antoinette Smit van Meyerton het die pragtige foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die skilderagtige landskapfoto geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs met vakansie geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto by die ie Eiffel Coffee Shop in Parys geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige makro foto geneem.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die kunstige foto van haar viervoetkind geneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige skemerfoto in Hogsback geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
June Bartlett van George het die kunstige natuurfoto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.
Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige landskapfoto met sonsondergang geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi foto geneem.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die kunstige foto geneem.
Thys Eigenhuis van Drie Riviere, Vereeniging het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Check Also
Close
Back to top button