Local newsNewsNews
Fotobeeld: Sterk wind in Vanderbijlpark rig skade aan
VANDERBIJLPARK. - Inwoners van die dorp was gister laatmiddag onkant gevang toe daar skielik 'n baie sterk wind opgesteek het en op verskeie plekke in die dorp en selfs die omliggende kleinhoewes skade aangerig het.
Behalwe dat verskeie dakke deurgeloop het, alles rondgewaai is (selfs ‘n trampolien is uit ‘n erf tot in Frikkie Meyer-boulevard gewaai) en verskeie bome ontwortel is, het die sterk wind ook kragpale omgewaai wat die dorp vir ‘n wyle sonder krag gelaat het. Die elektrisiteit kon gelukkig weer minder as ‘n uur later herstel word. Hier is ‘n paar foto’s wat ontvang is oor skade wat aangerig is.





At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
