Local newsNewsNews

Leë beloftes: Rdl. Senekal se eiendom steeds soek

VANDERBIJLPARK. - Die bekende en gewilde VF Plus-raadslid, Gerda Senekal, wat verlede Maandag by haar munisipale kantoor in die Local Economic Development-gebou (ou Trustbank) opgedaag het net om te vind dat alles weggedra is, sit steeds na meer as ‘n week net met leë beloftes en steeds geen kantoor nie.

Elsje Vermeulen

Rdl. Senekal en haar sekretaresse werk reeds sedert 2017 vanuit die kantoor wat nou leeggedra is. Die skade indien sy nie haar eiendom sou terugkry nie, beloop sowat R20 000 en sluit ook belangrike dokumentasie in. Rdl. Senekal het kort na die voorval ‘n saak van diefstal by die Vanderbijlpark-polisies aanhangig gemaak.

MPL A. de Lange (hoofsweep van die VF Plus: Gauteng) het ook verlede week in ‘n brief aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) haar misnoeë oor die saak te kenne gegee. ‘n Paar dae later is Rdl. Senekal in kennis gestel dat haar kantoor en besittings teen hierdie Maandag aan haar terugbesorg sou word. Sy het die volgende boodskap ontvang: “Good morning Cllr Senekal, I have instructed my officials to give you the office back and return everything that was in it as is. They will move your stuff back over the weekend and by Monday your office will be ready. I will still look at the reasons why they did this and decide on action to take against the responsible people” – Thabo Ndlovo.

Toe sy egter Maandag by haar kantoor opdaag, was daar steeds geen teken van haar eiendom nie. Sy is daarna meegedeel dat die ANC besluit het om summier alle ander politieke kantore in die raad te sluit. Dit is egter ‘n onwettige besluit omdat so ‘n besluit ‘n raadsbesluit moet wees en daar geen raadsvergadering hieroor was nie. Die besluit is glo deur drie top figure van die plaaslike ANC-regering geneem, wat nie deur ander ANC-rolspelers in die plaaslike raad ondersteun word nie.
“Dit is niks anders as intimidasie nie. Ek vra te veel vrae wat aandag op die plaaslike munisipaltiteit plaas en dit vir hulle op hoër vlakke moeilik maak. Hulle moet egter besef dat ek dit nie hier sal laat nie,” het Senekal afgesluit.

Ander meubels is intussen in Rdl. Senekal se kantoor ingedra.
MPL A. de Lange (hoofsweep van die VF Plus: Gauteng) het ook verlede week in ‘n brief aan die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit (ELM) haar misnoeë oor die saak te kenne gegee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button