Dis tyd om 'n kort wegbreek saam met die fotograwe in die middel van die week te geniet. Hanneli Kruger (oud-Valie) wat in 2015 aan die Hoërskool Overvaal matrikuleer het, maar nou in Middelburg woon, deel ook haar eerste foto op die blad.
Frikkie Stroh van Vereeniging het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 21ste fotoblad het in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Hanneli Kruger (oud-Valie) van Middelburg het die pragtige foto by Ushaka Marine World geneem. Dit is die eetrste foto wat sy op die blad deel.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het treffende foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die mooi foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi natuurfoto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die foto onderweg na Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige natuurfoto geneem.Pieter Moolman van Naboomspruit het die kunstige foto geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto van die uie-landery geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.Brenda Erwee van Henley on Klip het die mooi natuurfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto onlangs met vakansie geneem.Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografieklub, het die foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za