Prag-foto's stroom daagliks in wat dit moontlik maak vir Vaalweekblad om nog 'n pragtige foto-versameling met ons lesers te deel. Die groep verwelkom ook nog twee fotograwe wat vandag vir die eerste keer van hul foto's op die blad deel: Suzette Nortjé van Vanderbijlpark en Eugene Viljoen van Walkerville.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 21ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
“Pa pas kinders op” – Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van ‘n Dubbelbandsandpatrys in die Kruger Wildtuin geneem.Jo-lene Booyens van Meyerton het die mooi foto by Dinokeng geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het pragtige foto van ‘n Vleitinktinkie by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.June Bartlett van George het die pragtige foto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die “trotse sonneblom op ‘n rommelhoop” gesien en afgeneem.Monica Warren van Richardsbaai het die mooi fnatuuroto geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.Suzette Nortjé van Vanderbijlpark het die mooi foto in hul erf geneem.Stephanie Lowson (oud-Valie) van Durban het die pragtige sonopkoms tydens “blue hour” in Ballito, KwaZulu-Natal geneem.“Camouflage” – Die 11-jarige Enya Kruger van Jeffreysbaai het die mooi foto geneem.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto tydens ‘n onlangse vakansie by die Langkawi Eiland geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.“The smell of rose perfume is intoxicating” – Eugene Viljoen van Walkerville het die pragtige foto geneem.Bennie Henning van Germiston het die mooi foto van die buitengewone wolkformasie geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi sonsongergang foto onlangs met vakansie geneem.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto geneem van sy vriend Harry le Roux, wat kitaar oefen in hul kerk.Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto geneem.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Jan Putter van Sasolburg het die mooi foto van ‘n Kroonkiewiet geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za