Local newsNewsNews

Einde van die week, maar geen einde aan fototalent

Dis die einde van die week en tyd vir nog 'n pragtige foto-versameling. Die blad spog ook met nog 'n fotograaf, Rika Schoeman van Vanderbijlpark, wat vandag vir die eerste keer 'n foto op die blad deel.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 21ste fotoblad  het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

“Jakkarandas in volle blom” – Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.
“Nou waar is daai goggatjie?” – Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.
Suzette Nortjé van Vanderbijlpark het die mooi sonopkoms foto in Potch geneem.
Yolandi Botha Van Sasolburg het die mooi foto geneem.
“Sushi” – Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige natuurfoto geneem.
“Eenvoud” – Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi by die Suikerbosrand Natuurreservaat geneem.
Elsje Vermeulen, lid van die Vanderbijlpark Fotografieklub, het die foto met sononder op die Vaalrivier geneem.
Hanti Pretorius van Vereeniging het die mooi foto van die rooi rose geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die mooi foto by die Golden Gate begraafplaas geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van die Wilgerboom by die Rietvlei Natuurreservaat geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die besoeker in haar tuin afgeneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.
June Bartlett van George het die oulike foto in Hogsback geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark is een van die gevorderde fotograwe op die blad en het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.
Michelle Hart van Sasolburg het die mooi kleurryke foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Nicolette van Schalkwyk van Vanderbijlpark het die mooi foto van die wolke geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die mooi natuurfoto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button