Local newsNewsBreaking News
KYK: Groot kuier voordat boot omslaan en vyf verdrink
VEREENIGING. – ’n Video wat skynbaar geneem is kort voordat ’n dokter van MediClinic Vereeniging en vier ander verdrink het nadat hul boot op Saterdag 17 Oktober omgeslaan het, is besig om opslae op sosiale media te maak.
Op die video kan mens sien hoe dr. Khotso Mohlomi (38), ’n uroloog van Vereeniging, en vyf ander mans in die oorvol boot saam ‘n liedjie in Sotho sing.
Die woorde, wat klink soos “Morutwa ne ka orata” beteken blykbaar “My Lief, ek het jou lief gehad.”

Wat veral opvallend is, is dat nie een van die mans lyk of hulle veiligheidsbaadjies dra nie.
Die boot het Saterdag 17 Oktober naby Spider Valley op die Vaalrivier omgeslaan.
Vyf van die sewe mense wat op die boot gekuier het, het verdrink toe die boot glo water begin kry en omgekantel het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
