Ilene van der Westhuizen van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 21ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (21 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Jan Putter van Sasolburg het die pragtige foto ‘n wyle terug geneem toe hy laatmiddag van Heilbron na Sasolburg onderweg was.Hanti Pretorius van Vereeniging het die pragtige foto geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.Diane Coetzee van Arconpark, Vereeniging, het die mooi foto in Blackwoonstraat, Drie Riviere geneem toe die son sak.June Bartlett van George het die mooi babafoto geneem. June spesialiseer in “newborn” fotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die pragtige foto met sonsondergang op die plaas geneem.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die mooi monochroom foto geneem.Mattithyah van der Merwe van die Kaap het die pragtige foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die besondere foto geneem.“As die wolke vlam vat in Empangeni” – Monica Warren van Richardsbaai het die treffende foto geneem.Nico Potgieter van Vanderbijlpark het die kunstige foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto van die Jakkarandablare op die grond geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die weerkaatsing op die water in hul woonbuurt geneem.Frikkie Stroh, professionele fotograaf van Vereeniging het die pragtige foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad StrohPhotography.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.Brenda Erwee van Henley on Klip het die mooi natuurfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za