Local newsNewsNews

Huisinbrake styg in Vaalpark

VAALPARK. – Huisinbrake in die woongebied het sedert die middel van September vanjaar die hoogte ingeskiet. In drie weke is daar 11 inbrake in die gebied aangemeld, hoewel die syfers hoër kan wees, aangesien nie alle inbrake aangemeld word nie.

Volgens Arrie Coetzee, hoof uitvoerende beampte van Public Eye Vaal, is die modus operandi by al die voorvalle min of meer dieselfde. ‘n Erf se hek word oopgebreek en die diewe ry dan die erf binne. Indien hul agter om die huis kan ry, sal hul die agterdeur oopbreek, andersins breek hul die voordeur oop om toegang tot die huis te verkry. Meestal word daar net elektroniese toerusting gesteel wat maklik by pandjieswinkels verpand kan word.


Arrie sê hulle het al agtergekom dat die meeste inbrake op Woensdae en Donderdae plaasvind en dat die gesteelde goedere dan op Vrydae verkoop word.
In verskeie van die voorvalle het die eienaars na die inbraak bevestig dat ‘n verdagte persoon of voertuig gesien is, maar dat hulle dit maar daar gelaat het. Arrie doen ‘n beroep op mense om eerder oorversigtig te wees en hul sekuriteitsmaatskappy of Public Eye Vaal te kontak sou hulle ‘n voertuig of persone sien wat vir hulle verdag lyk. Arrie sê hulle streef saam met die polisie, die gemeenskapspolisiëringsforums en die meeste sekuriteitsmaatskappye daarna om misdaad pro-aktief te bekamp, eerder as om altyd reaktief op te tree.
Hy doen ‘n beroep op inwoners van die Vaaldriehoek om hul bure te leer ken en seker te maak hulle het mekaar se kontaknommers.
“As daar ‘n alarm in jou buurt afgaan, probeer om vas te stel van waar dit kom en bel daardie mense om te hoor of alles in orde is. As hulle nie antwoord nie, bel hul sekuriteitsmaatskappy of die polisie, jy weet nooit wanneer word hul gyselaar gehou nie,” is sy raad.
“Raak betrokke. As iets nie pluis lyk nie, stel op ‘n veilige manier ondersoek in. Dit wil sê, moenie in die aand self uitgaan nie, maar kyk deur jou venster of jy iets kan sien, sit die buiteligte aan en bel jou bure sodat hulle ook van hul kant af kan kyk. Maak seker jy het al die nood kontaknommers byderhand en rapporteer verdagte bedrywighede,” sê Arrie.
Vir meer inligting oor Public Eye Vaal, besoek hul facebookblad of webtuiste by www.publiceyevaal.co.za.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button