Local newsNewsNewsBreaking News

Inwoners kry titelaktes nadat hulle jare lank wag

VEREENIGING. – Inwoners van armmansbuurt Leeuhof het na ’n opdraande stryd van amper twee dekades uiteindelik titelaktes vir hul huise ontvang. Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het op Dinsdag 20 Oktober volle titelaktes aan 190 inwoners uitgedeel. Volgens rdl. Edwin Kele, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings sal gedeeltelike titelaktes vir huise waar daar …

VEREENIGING. – Inwoners van armmansbuurt Leeuhof het na ’n opdraande stryd van amper twee dekades uiteindelik titelaktes vir hul huise ontvang.

Die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het op Dinsdag 20 Oktober volle titelaktes aan 190 inwoners uitgedeel.

Volgens rdl. Edwin Kele, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings sal gedeeltelike titelaktes vir huise waar daar meer as een huis op ’n erf is, teen die einde van volgende jaar uitgedeel word, as alles goed gaan.

Volgens rdl. Stanley Mashabela, Emfuleni se raadslid vir wyk 15, was die huise voorheen die eiendom van die regering en moes inwoners die huise by die munisipaliteit huur, tot daar ooreengekom is dat inwoners net water en ligte betaal tot die huise aan hulle oorgedra word.

“Nou is die huise in die name van die eienaars oorgedra. Hulle is nie meer bloot huurders nie maar is nou die volwaardige eienaars van die huise.”

Mashabela se raad aan die nuwe huiseienaars was om hul eiendomme in stand te hou en dit mooi te maak.

“Julle kan nou die eiendomme verbeter en opgradeer. Dit is behoort nou aan julle,” het hy aan diegene wat titelaktes ontvang het gesê.

Volgens Ilze Botha, ’n inwoner, is die mense baie verheug.

“Ons het die stryd in 2002, met behulp van Nic Jansen van Rensburg, ’n oud-raadslid van die Vryheidsfront Plus by die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit, begin.

In 2006 is ons name uiteindelik in die staatskoerant gepubliseer dat hulle vir ons die titelaktes gaan gee en dit het nog 14 jaar geneem voor dit verwesenlik is vandag,” vertel sy.

Die proses het weens die administratiewe rompslomp 18 jaar geneem.

Tannie Kotie Diederiks, een van Leeufhof se oudste inwoners ontvang die titelakte vir haar huis by rdl. Edwin Kele, Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit se burgemeesterskomiteelid vir menslike nedersettings. Foto: Verskaf
Inwoners staan op Dinsdag 20 Oktober in lang rye in Turtlestraat in Leeuhof om hul titelaktes te gaan afhaal. Foto: Verskaf
Inwoners van Leeuhof is verheug omdat hul onlangs, na ‘n stryd van ongeveer 20 jaar, titelaktes vir hul huise gekry het. Foto: Verkskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button