Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 22ste fotoblad verskyn in vandag se uitgawe van Vaalweekblad (28 Oktober). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Rico Bester van Kempton Park het die mooi foto van ‘n skeepswrak by Kaap Agulhas geneem.Roelie de Bruyn van Meyerton het die rustige atmosfeer pragtig vasgevang.Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto geneem.Stephanie Lowson (oud-Valie) van Durban het die kleurryke foto by die Mitchell Park Dieretuin in Durban geneem.“Vuurwarm nuus” – Tanya van Vollenstee van Alberton het die kreatiewe foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die skilderagtige foto in hul woonbuurt geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto van ‘n wit roos geneem.Bennie Henning van Germiston het die dromerige foto van die rooskleurige wolkformasie in Germiston geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Eugene Viljoen van Walkerville het die sonsondergang foto by ‘n vulstasie geneem.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die kunstige foto geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi matriekafskeidfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die mooi foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto in Spanje geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto geneem.Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die skilderagtige landskapfoto geneem.Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.Ria Viljoen van Garsfontein het die mooi foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die mooi foto geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za