Die bekwame fotograwe het weer hul talente ingespan om alledaagse tonele en gebeure in kunswerke te omskep. Twee nuwe fotograwe deel ook vandag vir die eerste keer foto's op die blad: ervare fotograaf Nico Holtzkamp van Vereeniging en Ilse Fourie van Meyerton.
Nico Holtzkamp van Vereeniging het die treffende foto net buite Heidelberg geneem.
Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).
Die 22ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (28 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.
Lydia Wolmarans van Pierre van Ryneveld het die pragtige foto geneem.Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi monochroom foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto van die stad geneem.Bennie Henning van Germiston het die puik motorsport foto by die Parys 400 die afgelope naweek geneem.Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die pragtige landskapfoto geneem.Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi modelfoto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto van ‘n Sekretarisvoël in die Rietvlei Natuurreservaat geneem.Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.June Bartlett van George het die mooi foto op ‘n plaas naby Beaufort Wes geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.Eugene Viljoen van Walkerville het die pragtige monochroom foto geneem.Michelle Hart van Sasolburg het die pragtige sonsondergang foto geneem.Ilse Fourie van Meyerton het die mooi foto van die twee kudu-ooie geneem wat lyk soos een lyf met twee koppe.Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto op ‘n staproete in ‘n woud geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).Kirsty Jacobs van Sasolburg het die pragtige foto by die Ecopark in Vaalpark geneem.Loren Wolmarans van Benoni het die mooi foto in Ballito geneem.Louise van der Merwe van Vaalpark het die pragtige foto geneem.Elsje Vermeulen het die foto van die Vaalrivier net na sononder geneem.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za