Local newsNewsNewsBreaking News

Studentevlieënier ontsnap met slegs geringe beserings in vliegongeluk

VEREENIGING. – ’n Studentevlieënier het Woensdagaand, 28 Oktober wonderbaarlik aan die dood ontkom toe beheer oor ‘n Cessna 172-vliegtuig verloor is en die vliegtuig naby die Vereeniging-vliegveld neergestort het. Hoewel die vliegtuig beskadig is, het die vlieënier blykbaar slegs geringe beserings opgedoen. Volgens Kabelo Ledwaba, ‘n woordvoerder vir die burgerlugvaartowerheid, was dit die vliegstudent se …

VEREENIGING. – ’n Studentevlieënier het Woensdagaand, 28 Oktober wonderbaarlik aan die dood ontkom toe beheer oor ‘n Cessna 172-vliegtuig verloor is en die vliegtuig naby die Vereeniging-vliegveld neergestort het.

Hoewel die vliegtuig beskadig is, het die vlieënier blykbaar slegs geringe beserings opgedoen.

Volgens Kabelo Ledwaba, ‘n woordvoerder vir die burgerlugvaartowerheid, was dit die vliegstudent se eerste solo vlug.

“Die eerste landing en opstyg (“touch-and-go”) was suksesvol en sonder voorval. Die tweede landing het egter skeefgeloop.” Volgens Ledwaba ondersoek die burgerlugvaartowerheid die oorsaak van die ongeluk.

Die Cessna 172-vliegtuig wat naby die Vereeniging-vliegveld neergestort het.

 

Die Cessna 172-vliegtuig wat naby die Vereeniging-vliegveld verongeluk het. Foto: Verskaf

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Christiaan Cloete

Christiaan is editor of Ster North and a reporter for Vaalweekblad. Email: christiaan@mooivaal.co.za
Back to top button