Local newsNewsNews

Die lewe deur lens van fotograwe

Daar is soveel mooi en interessante dinge wat om 'n mens gebeur en die fotograwe het dit pragtig vasgevang in vandag se versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 22ste fotoblad het in die week se uitgawe van Vaalweekblad (28 Oktober) verskyn. Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi matriekafskeidfoto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
“Mahem: Austin Roberts Bird Sanctuary” – Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die pragtige foto geneem.
Jacques de Lange (oud-Valie) van George het die pragtige foto in Hogsback geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Jenny Botes van Vanderbijlpark het die mooi foto by die Marievale Bird Sanctuary geneem.
Johan Froneman van Vanderbijlpark het die mooi foto geneem. Besoek gerus sy Facebookblad BlueSSkye Photography.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die natuurfoto geneem.
June Bartlett van George het die mooi foto op ‘n plaas naby Beaufort Wes geneem. June spesialiseer eintlik in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto van die welkome reëndruppels op die blare geneem.
Pieter Moolman van Naboomspruit het die pragtige foto geneem.
Loren Wolmarans van Benoni het die mooi seelandskap foto in Ballito geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die pragtige foto geneem.
Sarie Liebenberg van Vaalpark het die mooi foto in haar tuin geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die mooi foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Antoinette Smit van Meyerton het die mooi foto geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button