Local newsNewsNews

ELM Raadsvergadering loop uit op bakleiery

VANDERBIJLPARK. - Vandag se Raadsvergadering van die Emfuleni Plaaslike Munisipaliteit het heeltemal handuit geruk, wat tot 'n bakleiery onder die ANC-raadslede met mekaar gelei het en tot gevolg gehad het dat die VF Plus en die DA raadslede uitgestap het.

Die bakleiery het ontstaan oor die afdanking van die huidige Munisipale Bestuurder, Lucky Leseane. Die een faksie van die ANC het sy onmiddelike bedanking geëis, terwyl die ander faksie dit teengestaan het. Die ANC raadslede het later selfs handgemeen met mekaar geraak. Die uiteinde van vandag se vergadering is dat Leseane gedwing is om die vergadering te verlaat. Vaalweekblad het verskeie foto’s ontvang oor die bakleiery en hoe Leseane uit die vergadering weggeneem word.

Daar is egter baie ingewikkelde en belangrike inligting rakende die hele aangeleentheid. Die volledige berig wat meer hieroor sal verduidelik sal in hierdie week se uitgawe van Vaalweekblad verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button