Local newsNewsNews

‘n Eerste vir Molly en Vereeniging landdroshof

VEREENIGING. – Molly is ‘n golden retriever en een van die senior terapiehonde van Caring Friends Therapy Dogs. Sy het op 20 Oktober baanbrekerswerk gedoen en al stertswaaiend gegaan waar geen ander terapiehond dit nog gewaag het nie - die landdroshof in Vereeniging.

Molly was op ‘n missie om twee erg getraumatiseerde kinders te ondersteun wat in die hof moes getuig. Sy het 100% in haar doelwit geslaag.
Petra du Toit wat Molly hanteer het, het gesê sy droom al vir jare om terapiehonde in te span om kinders by howe te help.
 
 
Dinsdag se toetslopie met Molly is gedoen in samewerking met staatsaanklaer Lenie Hanekom wat ook deel is van Caring Friends.
 
Sy het op Facebook gesê: “Dit was baie suksesvol en Petra is baie ervare … die kinders het so baie hieruit gebaat!” Molly was nog altyd ‘n baie gewilde terapiehond en Dinsdag het sy weer almal, van die aanklaers tot die regters en polisiebeamptes, se harte gesteel.
 
Petra sê die hofgeboue was selfs vir die ervare Molly eers bietjie vreemd, maar sy het gou aangepas en haar beste professionele poot voorgesit. Die terapiehonde kon weens Covid-19 regulasies vir lank nie hul werk doen nie, maar Molly het gou alle grendeltyd roes afgeskud.
Allison Simpson, terapiehond Ruby en
staatsaanklaer Lenie Hanekom tydens
Ruby se besoek aan die landdroshof
 
Donderdag, 22 Oktober het Ruby, die miniatuur schnauzer saam met haar hanteerder, Alison Simpson, ook die hof besoek om kinders by te staan. Ook die besoek het goed afgeloop.
 
Petra sê hulle beplan om nou ‘n groepsbesoek aan die hof te bring, sodat die honde en hanteerders aan die opset en geboue gewoond kan raak.
 
Die ideaal sal wees om die terapie honde by al die landdroshowe in die Vaaldriehoek in te span om kinders te ondersteun wat traumatiese ervarings tydens ondervraging in die hof moet herleef.
 
Die hoogs opgeleide honde weet net hoe om enige persoon te laat ontspan en is altyd reg om drukkies uit te deel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button