Local newsNewsNews

Vandag se prag foto-versameling

Lesers word 'n rustige Sondag toegewens. Geniet vandag se foto-versameling.

Vaalweekblad gee fotograwe (amateur en professioneel) daagliks die geleentheid om van hul foto’s op die blad te deel. Van die fotograwe gebruik hul selfone vir dié stokperdjie. As jy dalk ‘n mooi foto of twee het om te deel, deel dit gerus op die Facebookblad Elsje’s Choice on Photos of epos dit na elsje.vermeulen@media24.com – en as jy met jou selfoon ‘n foto wil aanstuur, whatsapp dit na 083 417 1059. Stuur asb. jou naam en van saam, asook so bietjie inligting oor die foto (bv. in watter dorp die foto geneem is, die troeteldier se naam ens.).

Die 24ste fotoblad verskyn in die week se uitgawe van Vaalweekblad (11 November). Die treffendste en geskikste foto’s vir “print media” word weekliks uit al die inskrywings wat  gedurende die vorige week op Vaalweekblad se webtuiste verskyn het gekies.

Ria Viljoen van Garsfontein het die pragtige foto geneem.
Hennie Coetsee van Meyerton het die mooi modelfoto geneem. Hennie neem professioneel foto’s en belangstellendes kan hom kontak by 082 928 4676 of besoek HJ Click Photography op Facebook.
Roelie de Bruyn van Meyerton het die mooi foto van die onweerswolke geneem.
Albertus Kriel van Vereeniging het die kunstige foto geneem. Albertus span meestal sy digitale kamera in vir sy fotografie.
Amanda Vermeulen (oud-Valie) van Johor, Maleisië het die mooi foto geneem.
Bernard du Toit van die Koue Bokkeveld het die mooi landskapfoto geneem.
Elsje Vermeulen van Vanderbijlpark het die aksiefoto geneem.
Die 13-jarige Buané Cordier van Vanderbijlpark het mooi sonsondergang foto geneem.
Christell Fouché van Drie Riviere Oos, Vereeniging het die mooi foto geneem.
Danie Mohr van Meyerton het die mooi foto tydens een van die Swart Maandag optogte teen plaasmoorde geneem.
Edwin Haasbroek van Anchor Ranch, ‘n plaas tussen Parys en Potchefstroom, het die interessante foto geneem.
Hendrik Grobbelaar van Pretoria, een van die gevorderde fotograwe op die blad, het die oulike matriekafskeidfoto geneem.
June Bartlett van George het die oulike foto geneem. June spesialiseer in “newborn” en kinderfotografie. Besoek gerus haar Facebookblad June Bartlett Newborn Photography.
Karin Cronjé van Andorra het die mooi foto geneem. (Andorra is ‘n klein onafhanklike land in die berge, wat tussen Spanjé en Frankryk lê).
“Sopnat” – Kirsty Jacobs van Sasolburg het die mooi foto geneem.
Loren Wolmarans van Benoni het die pragtige seelandskap foto geneem.
Louise van der Merwe van Vaalpark het die mooi foto geneem.
Monica Warren van Richardsbaai het die oulike “model” afgeneem.
Dricky Gouws van Vanderbijlpark (Dricky’s Pix) het die mooi foto geneem. Sy neem professioneel foto’s en belangstellendes kan haar kontak by 071 771 9736.
Nicolette van Schalkwyk het die oulike foto van Bubbles (die waghond) geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Elsje Vermeulen

Elsje Vermeulen is the senior editor of MooiVaal Media and editor of the Vaalweekblad. Well-known for her award-winning photography and heartwarming stories, she always has the readers’ best interests at heart. Email: elsje@mooivaal.co.za
Back to top button