NewsNews

Daar word ‘geveg’ en ‘gebou’ in Sasolburg

SASOLBURG. - Die AfriForum-tak in Sasolburg het van 17 tot 24 Oktober aan die organisasie se #VegEnBou-veldtog deelgeneem en verskeie projekte aangepak om die dorp op te hef.

Die tak het tydens dié week altesaam 8,67 hektaar gras gesny. Dit het onder meer plaasgevind by die veld oorkant Zaaiman Motors en die R59, tussen Jan Haak- en Hertzogstraat en in die strate waar opknappingswerk gedoen is.

Die Sasolburg-tak het drie bome elk by Hoërskool Vaalpark Articon en Sasol Hoër geplant, terwyl bome ook aan die Vaalpark en Sasolburg Voortrekkerkommando’s geskenk is. Slaggate is in HF Verwoerdstraat herstel en verskeie padtekens is by die Opperman- en Paardebergkruising geverf.

En kyk hoe spoggerig lyk die inligtingsbord nou.

Die katogies in dié strate is ook vervang en die randstene is geverf. Verder is die inligtingsborde en randstene in sowel DF Malanstraat as Eric Louwweg nuut geverf en kaarte is op dié borde gemonteer. Marnus Kamfer, AfriForum se regs- en risikobestuurder, het op 21 Oktober ’n praatjie aangebied oor mense se regte ten opsigte van vuurwapengebruik.

Die inligtingsbord voor dit geverf is.

Die plaaslike SAPD het inwoners wat die geleentheid bygewoon het ook toegespreek oor merkers wat skelms by jou huis aanbring. Dr. Eugene Brink, strategiese raadgewer by AfriForum, het op 22 Oktober ‘n praatjie oor die politieke en ekonomiese gevolge van Covid-19 gelewer.

Padtekens is mooi en duidelik gemaak.

Die week is met ’n groot opruim-enskoonmaakprojek in Oliviershoekstraat afgesluit, waartydens rommel opgetel en die gras ook gesny is. “Ons wil almal wat gehelp het en skenkings gemaak het, bedank vir hierdie onbaatsugtige bydrae – ons waardeer dit opreg. Dit is wonderlik om te sien hoe ’n gemeenskap saamstaan en -werk om hul omgewing te verbeter,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier. * Sluit vandag nog by AfriForum se Sasolburg-tak aan en word deel van die verskil: SMS “Sasolburg” na 45266 (R1)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Vaalweekblad in Google News and Top Stories.

Gugulethu Kgongoane

Gugulethu Kgongoane is the Online Editor of Sedibeng Ster. Email: gugu@mooivaal.co.za She is also an online journalist of Vaalweekblad. Email: gugu@mooivaal.co.za
Back to top button